Nuus
Nuus uit die Selgroepe
Donderdag, 21 Mei 2026
Moot, Die nuwe hemel en aarde; die nuwe Jerusalem
Openbaring 21 en 22 vertel van die wonderlike toekoms waar daar geen sonde meer sal wees nie. Die nuwe Jerusalem is ons nuwe en ewige woning. Jesus gee die laaste waarskuwing: En kyk, Ek kom gou!
'n Nuwe hemel en 'n nuwe aarde
Woensdag, 20 Mei 2026
Montanapark, Simson: Wanneer gebroke mense nog steeds in God se verhaal pas
Simson was iemand wie se lewe nie altyd verloop het soos God dit sou wou gehad het nie, maar hy was nog steeds magtiglik gebruik om God se doelwitte te bereik.
Die sterk man se krag lê in sy God
Woensdag, 13 Mei 2026
Montanapark – Die Skepping: Uit Niks, Alles
Kyk mooi na Hebreërs 11:3 – "Deur die geloof...". Sonder geloof hoef jy nie eers verder te gaan nie. Niks gaan vir jou sin maak nie. Dit begin by die skepping, volgens Hebreërs 11:3. Dit is waarom dit eerste genoem word.
Die wêreld is deur die woord van God toeberei
Donderdag, 7 Mei 2026
Moot, Die Wederkoms van Jesus Christus
Openbaring 19:11 is die keerpunt vir die mensdom. Die wederkoms van Jesus Christus is die openbaring, dit bring 'n einde aan menslike regering, en dit lui die millennium in. Ons kyk na die 1000 jaar van vrede en die ryk van die Messias.
Die ware ruiter op die wit perd
Woensdag, 6 Mei 2026
Montanapark, 'n Geur, 'n brief, en 'n spieël
Wat is die boodskap wat jou lewe uitdra? Is jy 'n aangename geur; 'n brief wat getuig van dit waarvoor jy staan; en 'n spieël waarin ander mense Jesus Christus kan sien? Ons neem jou op 'n ontdekkingsreis oor wie jy is en hoe mense jou sien.
Hoe mense jou ervaar
Donderdag, 16 April 2026
Moot, Die val van Babilon
Openbaring 17 tot 19 vertel ons van die val van Babilon as 'n godsdienstige sowel as ekonomiese stelsel, wat die wederkoms van Jesus Christus vooraf gaan. Die wêreld is in chaos, en net een Persoon kan dit red.
Godsiens en Ekonomie
Woensdag, 15 April 2026
Montanapark, Geloofshelde: Moses
Moses het probeer om die regte ding te doen om sy broers te help, maar die gevolg is baie jare in die woestyn. Hierdie jare is nie gemors nie. Hulle het Moses gevorm vir die taak waarvoor hy geroep sou word.
Moses gekies om Israel uit te lei
Woensdag, 8 April 2026
Montanapark, Geloofshelde: Barak
God gebruik nie altyd diegene met die beste CV nie. Hy gebruik diegene wie beskikbaar is vir die werk wat gedoen moet word. Barak se naam beteken donderweer, weerlig, en swaard, en hy is vir ewig opgeteken as 'n geloofsheld.
Donderweer en Swaard
Woensdag, 1 April 2026
Montanapark, Geloofshelde: Samuel
En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek verder vertel van Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid, Samuel en die profete — wat deur geloof koninkryke oorwin het, geregtigheid beoefen het, beloftes verkry het, leeubekke toegestop het...
Rigter en Profeet
Donderdag, 26 Maart 2026
Moot, Die laaste sewe plae
Ons lees in 'n parentese oor die Lam en die 144 000; en dan in Hoofstukke 15 en 16 oor die laaste sewe plae wat die mensdom tref, insluitende die grootste aardbewing ooit.
Openbaring 14 tot 16
Donderdag, 19 Maart 2026
Moot, Aanbidding van die Beeld
Die dier uit die see; die dier uit die aarde; en die beeld wat kan praat. Die draak (Satan) stel die dier uit die see (die Antichris) bekend. Hierna sien ons die dier uit die aarde (die Vals Profeet). Mense kry 'n merk.
Openbaring 12 en 13
Woensdag, 18 Maart 2026
Montanapark, Hebreers 11, Miga
Hebreërs 11:32 noem sommer 'n hele paar persone wat in die rol opgeteken is. Ons kyk na een van die profete, Miga, met n baie duidelike boodskap aan Israel.
Hebreërs 11:32 - Miga
Woensdag, 11 Maart 2026
Montanapark, Geloof wat bo skande uitstyg
Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die verkenners in vrede ontvang het. Ragab het in geloof opgetree en haar plek in Hebreërs 11 gekry.
Hebreërs 11:31
Woensdag, 15 Maart 2026
Moot, Die Twee Getuies
Wat Johannes nie moet opteken nie; die boekie; en die twee getuies. Hoofstuk 10 en 11 fokus op die bediening van die twee getuies, hulle dood, opstanding, en hemelvaart.
Openbaring 10 en 11
Woensdag, 4 Maart 2026
Montanapark, ‘n Lewe wat begin met ‘n stem
Deur die geloof was Abraham gehoorsaam... en hy het uitgegaan sonder om te weet waar hy sou kom.
Geroep om te Gaan
Woensdag, 15 Maart 2026
Moot, Groepe van Sewes. Die Vier Ruiters
Vier ruiters - skynvrede, oorlog, hongersnood, en dood - dit is wat Johannes met die oopmaak van die eerste vier seels sien.
Die begin van die smarte
Woensdag, 15 Maart 2026
Montanapark, Dit gaan nie net oor vleis nie
1 Korinthiërs 8 gaan oor veel meer as die eet of nie eet nie van vleis. Dit spreek verhoudinge aan.
Die regte gesindheid